Woonhuis met 3-Slaapkamers geleë op ‘n pragtige boomryke 1-Hektaar Hoewe Te Huur vir slegs R8,750 per maand in Kleinfontein net buite Pretoria naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton
Speekstraat 35 Kleinfontein South Africa
Type
House
For Rent
Bedrooms
3 Bedrooms
1 Guest
Bathrooms
1 Baths
Area
2 Garage
About
Woonhuis geleë op ‘n pragtige boomryke 1-Hektaar Hoewe Te Huur vir slegs R8,750 per maand (uitsluitend water, elektisiteit en maandelike heffing) in Kleinfontein net buite Pretoria naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton.
Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom huur ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Hierdie siersteen huis op ‘n 1-Hektaar Kleinhoewe bied die volgende: 3 slaapkamers, 1 volledige badkamer, kombuis met ‘n ruim spens, oopplan leefarea, twee kuier-stoepe en ‘n dubbel motorhuis. Die woonhuis is geleë op ‘n klein gedeelte van die Hoewe en die res van die Kleinhoewe is onverbeterd en boomryk.
Meer informasie oor Die Hoewes in Kleinfontein:
Pioniers Hoewes: Dit is die eerste hoewes wat uitgelê is en is net suid van die Tandem hoewes geleë. Hierdie hoewes strek tot die spoorlyn wat Paul Kruger vervoer het toe hy as banneling na Switzerland vetrek het. 105 hoewes van ongeveer een hektaar is hier uitgesit waarvan reeds 60 op gebou is.
Tandem Hoewes: Hierdie hoewes lê net suid van die Rhenosterfonteinpad en beslaan elk ongeveer een ha. 70 hoewes is uitgesit waarvan 10 reeds op gebou is. `n Voëlpark is om `n kwarriegat met water ontwikkel op hierdie hoewes. Die boomryke hoewes het ‘n landelike atmosfeer met verskeie inwoners wat op kleinskaal boer. Buiten die plant van Oulandsgras is daar ook hoewebewoners wat skape en hoenders aanhou. Perde en perderuiters is ook ‘n bekende gesig in die grondpaaie. Straatname is eg Afrikaans en strate soos Briekblok, Pioniersweg en Juk straat maak mens gou attent daarop dat jy in ‘n Afrikaner Kultuurdorp is.
Dienste: Soos in ander dele van Kleinfontein verskaf Kleinfontein se bestuur dienste soos water en sekuriteit en die ingang na die hoewes word 24 uur beman. Elektrisiteit word egter hier direk aan gebruikers gelewer via Eskom. Talle Hoewebewoners maak gebruik van alternatiewe energie en maak nie gebruik van Eskom nie.
Kleinfontein is ‘n unike Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Alle voornemende Huurders is onderhewig aan ‘n Verblyfsreg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein.
Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Skakel een van ons Agente vandag vir meer informasie.
Details
Type: House For Rent
Price: R8,750 Month
Bed Rooms: 3
Bathrooms: 1
Guest Room: 1
Garages: 2
Public Facilities
Features
Review
Average rating
0.0 / 5
Rating breakdown
Loan Calculator
Monthly Payment
R
Total Payable in 24 Years
R
8
Payment Break Down
60%
Interest40%
Principle