Groot 3-Slaapkamer Huis Te Huur in Kleinfontein net buite Pretoria naby Rayton, Boschkop en Donkerhoek
0 Kleinfonteinweg Rayton South Africa
Type
For Rent
Bedrooms
2 Guest
Bathrooms
3 Baths
Area
2 Garage
About
Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom huur hierdie pragtige eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met ‘n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Hierdie gerieflike drie-slaapkamerwoning (hoofslaapkamer en suite) is pas uitgeverf en het heelwat ingeboude kaste, ‘n goed toegeruste kombuis met aparte opwaskamer, ruim televisiekamer, aparte sitkamer, aparte eetkamer, studeerkamer, gerieflike agterstoep area, dubbel motorhuis (deurgaan vir sleepwa na die agterwerf) en pragtige tuin. Die eiendom geleë op twee erwe.
Die huur sluit die volgende uit: water, elektrisiteit en heffings. Hierdie bedrag beloop ongeveer R3,500 per maand, afhangende van die werklike gebruik.
Kleinfontein is ‘n eksklusiewe, omheinde sekuriteitsdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Alle voornemende Huurders en Kopers is onderhewig aan ‘n verblyfsreg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Skakel een van ons Agente vandag vir meer informasie.
Details
Type: For Rent
Price: R10,000 Month
Bathrooms: 3
Guest Room: 2
Garages: 2
Public Facilities
Features
Review
Average rating
0.0 / 5
Rating breakdown
Loan Calculator
Monthly Payment
R
Total Payable in 24 Years
R
10,000
Payment Break Down
60%
Interest40%
Principle